Bookmark : http://www.africagetaway.co.za/thailand-holiday-packages/thailand-vakansie-terugvoer/liezl-du-plessis/?id=535

Call us: (Int) 00 27 21 982 6164, (SA) 021 982 6164
Visit us: 150 Buitekant street,Cape Town
Office hours: 8.00am - 17:00pm GMT+2
Email: enquiries@getawayafrica.com

  • Afrikaanse Kliente

    Thailand Vakansie Terugvoer

From: Liezl du Plessis
Sent: 14 June 2010 12:55
Subject: Thailand review- What a journey

Sawadika

Na maande se wag en weke se slapies aftel breek my Thailand vakansie toe uiteindelik verlede week aan. So is ek Saterdagaand al ‘all packed and ready to go’ vir Maandag se vertrek. Soos dit ook maar altyd gaan voor ‘n vakansie, maak ek toe nie ‘n oog Sondagaand toe nie en lê en wag ek die wekker in teen opstaantyd.  My taxi, wat een van my kollegas vir my geboek het, arriveer toe ook stiptelik om 05:00 en so is ek toe om 5:30 oppad na Busan International airport vir my vlug na Bangkok.

Ek het nooit geweet hoe ‘n waterryke land Bangkok is nie, van bo is dit net water waar jy kyk met al die ryslande en floating markets. ‘n Mens vlieg ook oor honderde klein eilandjies tussen Bangkok en Phuket, wat prentjiemooi is so van bo.

Alles verloop toe mooi volgens plan en so staan en wag ek en ons transfer company se verteenwoordiger toe my SA-travel companions in op Phuket lughawe.  En watter skok was die weer toe nie. Almal waarsku mens vooraf oor hoé warm en bedompig dit in Thailand is, dit voel kompleet of een van die vele Phuket olifante sy sit op jou bors gekry het en nie sy gat wil lig nie… dis BAIE benoud! Maar nie eens die hitte kon ons opgewondenheid stuit nie.
Was heerlik om die klomp Kakamiete weer na amper agt maande te siene te kry.

Oppad na ons hotel , Burasari Resort,  in Patong Beach (Phuket) in ons ‘air-conditioned’ bussie (dis nogal snaaks, die taxi’s en shuttle bussies het oral groot posters op, “AIRCON”… nou weet ons ook hoekom merk Anso toe op dat hulle aan dieselfde kant van die pad as SA bestuur.
Met al my gebabbel, het ek dit nie eens agtergekom nie ;) dalk het dit vir ‘n verandering net weer normaal gevoel dat ek dit nie eens opgemerk het nie.
Baie mense het my nou al gevra of dit nie maar oral in die Ooste / Asië dieselfde lyk nie, Korea, China, Japan, Thailand, is mos maar oral Oosters… dan kan ek nie help om te wonder of dit dan nou oral in ons land of in Afrika dieselfde lyk net omdat dit oral Westers is nie? Daar is verseker baie ooreenkomste tussen Korea en Thailand gewees, wat geloof, kultuur en tradisies en selfs sommige dele van die stede betref, maar ook net soveel verskille.  Wat my veral opgeval het in Phuket is dat daar nie vreeslik baie wolkekrabbers of hemelhoë woonstelblokke is nie, teenoor Korea waar dit die norm is.  Thailand is ook ‘n baie armer land as Korea.

So arriveer ons toe so 45 minute later by ons hotel , so 200 meter van die strand af, wat  toe aan al ons verwagtinge voldoen.  Luukse kamers, heerlike swembaddens, pool bars, lounges, heerlike buffet ontbyt en vriendelike personeel die lot. Ons is toe strand toe en het toe ‘n heerlike sunset biertjie in die branders (of eerder golfies) geniet. Patong beach is werklikwaar ongelooflik mooi en nog baie ongerep en natuurlik. En elke tweede Thai oorval jou met die een of ander ‘same, same but different’ iets wat hy aan jou wil af smeer. Een ding waarmee mens net van die begin af moet vrede maak is die feit dat alles in dié straatmarkte ‘fake’ is… die smouse is ook glad nie skaam om dit te erken nie. So hier kan jy vir jou enigiets van die ‘nuutste’ Apple touch ipod, Canon Kamera, Billabong T-shirts tot Diesel plakkies vir ‘next to nothing’ koop, solank jy net nie op die ware Jakob gehoop het nie.
Na die eerste tien stalletjies kom jy ook gou agter dat elke tweede een maar basies presies dieselfde goed het, ‘n mens hoor gereeld, “same, same but different”… Hier kan jy ook van die heel nuutste flieks koop, nogal met ‘n cover die lot vir R15. Hulle laat jou ook duidelik verstaan dat jy mag bargain met alles wat jy koop. In die begin is dit vreeslik snaaks, sodra die verkoopsman daai calculator uitgeruk het is dit verby – hulle los nie sommer nie, ek dink ‘n mens loop selde weg met leë hande.  Later voel dit of ‘n mens kan skree dat jy net rustig wil klaar kyk en self jou mind op maak voor iets aan jou afgesmeer word ;) Daar is ook ‘n kuns aan bargain shopping… Voor jy begin moet jy klaar jou mind opgemaak het hoeveel die maksimum is wat jy vir die item wil betaal (R1 = 4 Baht, so jy deel alles deur 4 om die randbedrag te kry) dan nadat die verkoopsman sy sky high prys gemaak het, sê jy net, “no, no, no too much.”  Dan vra hulle, “okay, how much you got?” dan begin jy net heelwat laer as die prys wat jy wil betaal en so gaan jy dan op (want hulle probeer altyd vir meer) tot by jou prys en dan skop jy vas soos ‘n steeks donkie… As die verkoopsman dan nie wil kop gee nie, dan begin jy net so stadig aanloop en sê dat jy dit dan elders sal koop en voor jy dan vyf treë weg is, roep hulle jou terug en settle vir die prys wat jy bereid is om te betaal of dalk R10 of R20 meer. ‘n Mens moet ook darem egter net realisties bly met die prys wat jy aanbied. Ek het nogal heelwat goed kon koop vir R50.

As jy opsoek is na ‘n rustiger shopping experience in Patong beach is “Jungceylon” ‘n beter opsie. Dis ‘n shopping mall, met honderde winkeltjies en ook verskeie internasionale brands – hier kan jy nou net nie bargain vir die prys nie, maar ten minste kan jy jou eie mind opmaak voor jy koop en verkoop hulle geen fakes nie.

Die volgende oggend is dit toe tyd vir ons halfdag city tour in Phuket. Die travel agency, wat al ons transfers en city tours behartig het, se bussie het ons by die hotel kom haal. Ons deel toe ook die bussie met nog ‘n klompie Suid-Afrikaners.  Ons het toe by verskeie uitkykpunte gestop waar mens die mooiste uitsig oor Phuket gehad het, ons het ook ‘n Thai temple besoek – waar ‘n klomp Budda-aanbidders hulle god kom vereer het. Hulle glo dat Budda vir hulle ‘good fortune’ sal gee, baie van hulle koop daagliks vir hom blommekranse wat hulle oor hul truspieëltjies in hul karre hang vir ‘good luck’. ‘n Mens sien ook oral in die stad Budda beelde waar mense van sap, bottels water, eetgoed en blomme vir hom aandra, vir geluk… Daarna is ons toe na ‘n Thai indoor market, wat lieflik was aangesien daar ‘n aircon was. Volgens ons toergids is dit van die goedkoopste markte in Phuket, ‘n mens kry enigiets van handsakke, klere, juwele, sambrele, souveniers, badgoed, egte thai sy serpe, tafeldoeke, kussingslope die lot vir 'n appel en 'n ui… ons het heerlik geshop!
Daar is ook ‘n hele klomp vreemde vrugte in Thailand, soos Rambutan berries, dit lyk soos ‘n litchi met ‘n klomp hare en proe soos ‘n kruising tussen ‘n litchi en ‘n lekwart.  Die koejawelsap in Thailand is ook groen in plaas van die pienk waaraan ons gewoond is.  Ek was egter teleurgesteld in die smaak van die vrugte – dis nie so lekker soet en geurig soos die vrugte in Korea en SA nie en tog het ‘n mens gedink dat die vrugte juis hier besonders sou wees.

Na ons shopping spree is ons toe na die grootste juwelery store in die wêreld, nog iets wat ek nie geweet het nie, wie sou nou kon dink dat die grootste juwelery store juis in Phuket is. Hier het hulle ons deur een van die workshops gevat en toe na die verkoopslokaal – waar ons, ons kameras moes bêre ;( Ek dink hierdie is elke vrou se droom!!! Dis reusagtig.  As jy nie soontoe gaan met iets spesifieks in gedagte nie, beter jy beperkte finansies hê, anders mag dit dalk dae neem of kan jy dalk half bankrot by die huis kom!!! Die verskeidenheid was amazing, goud, silwer, witgoud, pêrels, diamante, edelstene, halfedelstene, ringe, oorbelle, hangertjies, pendants, horlosies, borsspelde you name it!!! Ek het toe self vir my ‘n hangerjie aangeskaf, onbepland ;) Ons is toe terug hotel toe, waar ons die verteenwoordiger van ons travel agency ontmoet het om die res van die tyd se toere te bespreek.

Na ‘n gewheel en deal het ons toe besluit op parasailing, elephant trekking, white water rafting en die Phuket FantaSea show.  So is ons toe af strand toe vir die parasailing, nadat die ‘verkoopsman’ toe nie wou afkom met sy prys nie, kry ons toe darem gebargain vir ‘n bier by die deal ingesluit – vir die senuwees ;) Ek besluit toe nogal dat ek eerste sal gaan, aangesien ek bang was dat my moed my sou begewe as ek dit nie eerste doen nie… Ek sal jok as ek sê dat dit nie scary was voor die tyd nie, maar toe ons opstyg toe verdwyn al die senuwees en kon ek dit net geniet… dit was ‘n heerlike ervaring en glad nie te hoog of scary nie. Beslis ‘n moet vir elkeen.  Dis ook glad nie moeilik nie, ek het ook ‘n rastaman gehad wat agter gesit het en jy hol net ‘n paar meter vir die opstyg, daarna geniet jy net die view, die land is ook glad nie erg nie.

Die aand vat ons toe ‘n tuk-tuk (sulke klein bussies in al die kleure van die reënboog in oorvloed in Patong - vir die waaghalse is daar ook oral scooters te huur, maar almal ry nes hulle wil en vir die minder ervares is die tuk-tuk dalk 'n veiliger opsie) na Bangla road of liewer, Sodom en Gomorra.  Bangla road is bekend as dié straat vir nightlife in Phuket. Hier moet ‘n mens egter baie open minded ingaan – aangesien dit nou nie die nightlife is waaraan ons gewoond is nie.
Hier tref ‘n mens enigiets van ladyboys tot ping pong shows aan en die budgies sit nie in ‘n koukie nie ;) was nogal shocking en eye opening om te sien wat sommiges vir ‘n paar rand sal doen. Ek kon nie help om te wonder hoe desperaat ‘n mens moet wees om bereid te wees om jou geld sò te verdien nie. Geen wonder die Tsunami het juis vir Phuket getref nie…  So van die Tsunami gepraat, daar is ook oral borde langs die strand op om te wys hoe hoog die golwe was, dis amper ondenkbaar.

Woensdag is dit toe adventure tour dag en het ons toergids ons sommer al vroeg-vroeg by die hotel kom haal. Die white water rafting en elephant trekking is toe so ‘n uur en ‘n half se ry na die vasteland in Phuket, toe het ons darem weer ‘n tydjie om ‘n uiltjie te knip… die ander klomp was veral gedaan, aangesien Cathay Pacific blykbaar nie die gemaklikste airline is om langafstande mee te vlieg nie, hulle het glo al die pad kierts regop gesit, aangesien die stoele nie kon terugslaan nie – wees gewaarsku! Ek dink ‘n mens moet so twee weke voor ‘n trippie na Thailand al begin om ekstra ure te slaap, aangesien dit maar ‘n luukse in Thailand is.

Ons het toe eers by ‘n ‘monkey cave’ gestop, waar ‘n mens ‘n klomp ape kon voer.  Anso is toe die enigste brawe een tussen ons klomp wat kans gesien het, as hulle die piesangs sien bestorm hulle jou al klaar en gryp vir ‘n vale. Hulle waarsku ook vooraf dat ‘n mens jou beursie alles in die bussie moet los aangesien die apies ‘n mens se goed gryp en dan in die bome in opklim.  Daarna is ons toe na die white water rafting, ons is toe in groepe verdeel en ek en Anso deel toe ons bootjie met twee Australianers  en dan nou die rafters. Die Australianers is toe ‘n honeymoon couple en die arme siele klou toe vir elke hobbel… hulle het glad nie na die adventure tipe gelyk nie ;) Dit was heerlik en lekker rof met tye. Hulle moet ‘n dam oopmaak om die rivier voller te maak wanneer mense kom vir river rafting.

 Na die river rafting vat hulle ons toe na die vertrekpunt vir die elephant trekking. Ons het ‘n 5 km roete deur die woud gedoen – dit was ook ‘n ongelooflike ervaring. Die olifante is egter baie kleiner as ons Afrika olifante. Dis ook ‘n bietjie skommelrig en met tye moet ‘n mens maar klou as die ou grote so oor die klippe en bulte klim.  Ek dink ‘n mens kan dalk so bietjie lyfseer hê op ‘n langer trippie.

Na die olifante is ons toe na ‘n crystal waterfall waar ons so bietjie kon gaan afkoel. ‘n Mens kan ook onder die waterval gaan staan vir ‘n massage, dis net ‘n hengse proses om tot onder hom te kom aangesien die stroom nogal vrek sterk is. Ons het heerlik afgekoel. Woensdag was ook Carli se verjaarsdag, vir meer avontuur kon sy nie gevra het nie.
Die hotel het toe ook vir haar ‘n oulike verjaarsdagkoek gebak.

Donderdagoggend is ons toe oppad na Phi Phi eiland met die ferry, wat ons toe gedink het ‘n 2 ure boot cruise sou wees, ontaard toe in vyf ure. Met die transfer van die hotel na die hawe en dan met die ferry tot by die hoofeiland in Phi Phi, waar ons weer oorgeklim het op ‘n ander boot en toe weer later op ‘n klein ou skippie tot by ons hotel.
Die Phi Phi eilande bestaan uit ‘n klomp eilande en ons hotel, Erawan Palms resort was op Leamtong Beach, die mees noordelikste strand van Phi Phi eiland… g’n wonder ons het so lekker getravel nie.  Die Phi Phi eilande is ook totaal en al die teenoorgestelde van Phuket se woelige gedruis… hier kan ‘n mens nou regte egte rus vir jou siel kry… Op die eiland is daar letterlik net drie hotelle gewees en ‘n enkele paar restaurantjies en strandwinkels en twee beach bars. Mense kom hierheen vir rus en vrede. Ons het toe net lekker relax en gegaan vir ‘n heerlike Thai massage, feitlik op die strand, terwyl mens oor die see uitkyk – idillies, maar ook ‘n bietjie seer op ‘n rooi gebrande lyfie ;) Daai anties het geen genade!!!  Al was dié hotel nou nie heeltemal so fancy soos die een in Patong nie, was dit ook ‘n heerlike ervaring.

So besluit ons toe die tweede dag op Phi Phi om bietjie te gaan snorkel, ‘n mens onderhandel met die boat drivers en dan neem hulle jou, hoe lank jy ookal wil, vir snorkel ens. So besluit ons toe op so twee ure – aangesien dit vrek warm is. Ons is toe oppad na Bamboo island en Mosquito island, waar die koraalriwwe glo baie mooi is vir snorkel. Ons het toe net by Mosquito island aangekom en almal is gesnorkel en in die water toe dit begin reën.
Ons steur ons toe nie vreeslik nie en snorkel rustig voort. Met die dat dit bewolk was, kon ‘n mens nie al die seelewe sien nie, maar die vissies was nogtans baie mooi. Die volgende oomblik sien ek toe ‘n weerligstraal onder die water… dit was sekondes toe is ons soos een man terug op ons skippie.
Dit begin toe vreeslik storm en blits en donderweer en ons ‘kaptein’
sê toe dat ons nie nou kan teruggaan nie, aangesien die see te rof en die weer te swaar is. Die duinings raak ook toe al hoe groter.
Mosquito island is ‘n onbewoonde island, so sou mens daar iets oorkom, het jy nie eens drinkwater nie, gelukkig het ons darem ‘n paar biere gehad en vir tawwe Theron ;)

Onmiddellik begin reekse soos LOST ook sulke tye by ‘n mens spook. Ons het toe almal maar probeer kalm bly, al was dit vrek scary… ons sit en sing toe al wat Afrikaanse treffer is. Ongeveer so ‘n uur later (wat soos ‘n ewigheid gevoel het) vra ons driver toe of ons kans sien om toe terug te gaan na ons eiland toe. Of hy moeg was van water uit die boot skep en of hy bloot net genoeg gehad het van ons Afrikaanse treffers weet ek nie, maar so is ons toe oppad terug. Die duinings was reusagtig en al waaraan ek kon dink is dat ek mos nou nie die wêreld se volgende Penny Heyns of Ryk Neethling is nie… so het ons toe ook maar almal so stilletjies ons life jackets begin aantrek en tawwe Theron vertel net dat ons net op ons rue moet lê as die popo die fan strike…  na wat soos ‘n ewigheid gevoel  het, sien ons toe darem weer ons eilandjie nader kom.  Dit het gevoel of ek die driver kon omhels van blydskap toe ons weer veilig op moeder aarde is.

Saterdag is ons toe weer terug na Phuket, Patong beach vir ons laaste dag in Thailand voor ons Sondag sou vertrek.  Na ‘n vreeslike lagwekkende ferry trip, die mense het een na die ander begin seesiek raak… Ek en Anso het later maar voor op die boot se neus gaan sit, die geluide binne was genoeg om enige gesonde mens na ‘n papiersak te laat gryp!  Toe ons weer by ons hotel ingesettle het, het ons toe almal die winkels ingevaar vir ons laaste shopping spree en bargaining, en het ons nie lekker bargains gekoop nie!!!

Saterdagaand het ons die Phuket FantaSea show gaan kyk. Wat ‘n ongelooflike belewenis. Dit was die perfekte einde en hoogtepunt vir ‘n onvergeetlike vakansie. Hulle sê dis die grootste elephant show in die wêreld, selfs groter as die een in Las Vegas… dit was absoluut puik en so indrukwekkend wat hulle die olifante kon leer. Daar was ook ongelooflike sky dancers en akrobate en selfs boklammers, hoenders en
‘n tier op die verhoog.   Die FantaSea park is ook baie nice en laat
my nogal aan Goldreef city en Sun city dink in SA, beslis ‘n moet vir enige Phuket-vakansie!!!

Sondagoggend is al my maters toe weer terug SA toe, na ontbyt en die afskeid het ek toe weer lekker gaan inkruip tot ek moes uitboek by die hotel so 12 uur. Daarna het ek toe vir oulaas nog ‘n draai deur die winkeltjies gaan stap, waarna ek my toe lekker in die hotel se lounge gaan opkrul het met my SARIE wat my liewe moeder vir my saamgestuur het. Dit het ook lekker gereën Sondag, lekker opkrul en leesweer. Ek het ook ‘n lieflike SA-pakkie van die huis af gekry, met die dat hulle vier travelers was, was daar plek vir lekker baie goedjies (baie dankie julle)!!! Dis ongelooflik hoeveel Bovril, kaassmeer, aromat, biltong en droëwors hier in die vreemde beteken!!! Dit was ook ‘n behoorlike gemeet en pas om alles weer in my tasse terug te kry.
Daar is wel eending wat nou nie twee is nie, AL wat nodig is vir ‘n vakansie in Thailand is, ‘n swembroek, gemaklike skoene, sunblock, ‘n hoed, so twee stelle klere en ‘n paar skoon panties… dis dit!!! En ek is mooi ingelig vooraf, maar waar was my ore??? Ons het permanent  net in ons swembroeke en beachrokkies geparadeer.

Aan my travel companions:  Kapoenka (dankie) vir ‘n onvergeetlike vakansie!!!

Aan Getaway Africa en Annelie, duisende dankies vir al julle reelings en hulp en uithou met die dramas en veranderings vir ons vakansie, dankie ook vir julle spoedige terugvoer en hands on approaches deurgaans - dit was voorwaar 'n onvergeetlike vakansie!!!


Tot ons weer gesels in volgende week!!
Liefde, groete
Lxx