Bookmark : http://www.africagetaway.co.za/thailand-holiday-packages/thailand-vakansie-terugvoer/albert-de-vos/?id=536

Call us: (Int) 00 27 21 982 6164, (SA) 021 982 6164
Visit us: 150 Buitekant street,Cape Town
Office hours: 8.00am - 17:00pm GMT+2
Email: enquiries@getawayafrica.com

  • Afrikaanse Kliente

    Thailand Vakansie Terugvoer

From: albert de Vos
Sent: 22 July 2015 01:13 PM
Subject: Albert& Cecilia Thailand vakansie

Beste Gerdie
Wil net baie dankie vir jou se vir n wonderlike vakansie
Alles was goed en mooi en lekker
Cecilia het my agterna gese dat sy niks omtrent die vakansie sou verander het nie!

Met ons aankoms in Thailand het ek bietjie gesukkel om die regte shuttle diens te kry. In Retrospek was die mense duidelik sigbaar met hulle "Emirates Holidays" bordjies, maar op daai stadium was daar so baie ander dienste, dat ek die naam wat op die voucher geprint vas, gesoek het, en nie besef het dis een en dieselfde groep nie. Maar dit was vinnig uit gesorteer
Ons het Burasari in Phuket geweldig geniet. Dit is pragtig en die personeel baie vriendelik en hulpvaardig. Hulle het ook n vriendelike pappagaai daar, Paxo, wat ons baie geniet het!

(ek moet jou egter se dat hulle besig met verbeteringe is en partydae met jack hammers etc gewerk het. ons is gemaklik en nie gepla nie, maar dit kan dalk party mense ongelukkig maak)

Ek was in Januarie ook in Phuket en het toe tuis gegaan by die Banthai beach resort, en kan dit ook aan beveel, Baie modern en ook sentraal gelee, sou jy dalk nog opsies wou naspeur vir soort gelyke vakansies

Zeavola was regtig spesiaal gewees. Ek verstaan nou hoekom jy dit so hoog aangeskryf het! Phi Phi is beautiful. Die derde aand reeling het toe nie regtig uitgewerk nie, want die hotel se boot vertrek daagliks 10 uur vanaf phi phi terug Phuket toe, so ons moes op dag twee in elk geval van 12 uur die middag af tyd naby die lughawe spandeer. Ons het daar by die airport hotel ingeboek en die dame van Zeavola en Emirates holidays het vir ons die reelings getref, so alles het op die ou end glad verloop. Die boot se vertrek tye is egter dalk iets om in gedagte te hou met die phi-phi reelings in die toekoms

Weereens baie dankie, ons het lekker vakansie gehou
Dubai reelings het ook glad verloop, maar dit was half weird met die Ramadaan reels etc. Maar jy het ons gewaarsku, so ons was voor bereid.

Groetnis Albert