Read about the feedback reports and reviews that we have received from out happy clients, Tourist and travelers.

From: Heather van Heerden
Sent: Thursday, July 11, 2013 3:49 PM

Hi Annelie

Hoop dit gaan nog goed met jou. Ons het so paar dae terug gekom van ons fantastiese Thailand vakansie en raak nou eers weer grond,alhoewel ons veel eerder nog met ons voete in die sand wil staan.....

Ek wil jou bedank vir jou harde werk en moeite met die reëlings vir ons vakansie. Ek moet vir jou sê ek was baie op my senuwees om deur 'n agentskap te werk wat in die Kaap is,omdat dit baie makliker sou wees om probleme (indien daar sou opduik) uit te sorteer met 'n lokale agentskap.

Ek moet jou komplimenteer met jou dienslewering. Al jou reëlings was 120% korrek. Van die vliegtuigkaartjies ,hotelverblyf, vervoer van en na die lughawe  en vervoer maatskappye.  Ons het al die kontak besonderhede  wat ons nodig gehad het, gehad en ek het nie een keer gesukkel om iemand in die hande te kry nie.Jy het ook die mooiste,netjieste en goed geleë hotelle gekies.Alles wat loop afstand gewees en baie gerieflik,dit het ons vakansie ook meer gerieflik gemaak.

Amari Watergate hotel in Bangkok is fantasties verby. Ek het al in 'n hele paar hotelle gebly en nie eers die bestes kom naby Amari Watergate nie.  Dis luuks ,so skoon en netjies, die personeel hanteer jou asof jy 'n eregas is en jy voel sommer soos 'n miljoenêr. Dankie dat jy die hotel vir ons bespreek het-dis reg oorkant die bekendste winkelsentrum in Bangkok,Platinum Shoppig mall en IT City. Dit het baie gehelp want ons het soos ons gekoop het die pakkies in die kamer gaan berê en hoef nie swaar te gedra het nie.

Ek is baie beïndruk met Getaway Africa en sy personeel, in besonder met jou. Ek sal beslis weer van jou dienste gebruik maak in die toekoms en sal jou beslis verwys na familie en vriende wat 'n vakansie in Thailand oorweeg.  Kan jy asb vir my jou bestuurder se epos adres stuur, ek wil graag die brief aan hom/haar aanstuur.

Thailand sal my beslis weer sien. Dit was die beste vakansie ooit en ons het "memories" wat ons vir altyd sal onthou.
Nogmaals dankie vir al jou moeite ons wardeer dit onsettend baie. Jy het beslis ons vakansie die moeite werd gemaak.

Groete
Heather en Jean van Heerden

From: Wingrove, Jurica at Absa
Sent: 25 October 2012 02:04 PM
To: Annelie
Subject: RE: Travel Documents

Hi Annelie

Thank you very much for making this possible.

I really appreciate all you assistance, you have been a STAR.

Because of your service, I will continue to make use of you and also refer Family and Friends to you.

Please will you forward this email to your Manager as well.

Thanks and Kind Regards

Jurica & Mark

sales

Ons reisigers en vankansie gangers is weer tuis na hul Thailand en Phuket vakansies van SA, met vlugte van Johannesburg in Suid Africa, Lees Meer :

From: Esna Reineck
Sent: 19 September 2011 08:35 AM'

Hallo Annelie

Ja ons is terug – wou nie eintlik terugkom nie!

Alles het seepglad verloop – geen probleme nerens gehad nie!
Baie dankie – ons was regtig baie beindruk gewees! Die Amari
Coral is regtig een stunning plek – ek is so bly ons het nie een
van die hotelle geneem wat so tussen al die besige strate was nie!
Dit was ‘n fees om so op die water te kon wees!

Baie dankie ook vir al jou reelings – ons sal definitief weer van jou
gebruik maak met ons volgende oorsese trip!

Mooi dag Annelie.

Groete
Esna

Ons reisiger en vakansie gangers verslag oor hul hotel en oord odervindings in Phuket en Thailand,  met vlugte van Suid Afrikaanse lughawe in Johannesburg, Lees as Meer:

From: Andre Coetzee
Sent: 03 August 2011 03:47 PM
Subject: My Thailand - Bangkok - Phuket vakansie.

Hi Annelie

Ja dankie ons trip was uitstekend.

Ek persoonlik dink dis die beste tyd van jaar want jy mis winter hier en daar heerlik warm met nou en dan showers. Die overcast help ook om dit beter te maak. Alicia sê hulle het in Desember baie warmer gekry en dit was meer doodtrap van westerlinge wat ons nou nie gehad het nie. Al julle reëlings was perfek.

Geen gewag nerens. Alle vlugte, transfers presies op tyd en almal daar waar hulle moes wees. Het Mr Roy en Nok ontmoet wat transfers en toer reël .baie gaaf en presies, die taal sukkel net n bietjie.Die 3 hotelle was ook meer as wat ons verwag het. Sky city bietjie vêr van stad self maar n wonderlike ervaring om met MTR ( TREIN) die wereld vol te rits. Dit is so eerste wereld met publieke vervoer dat niemand hoef te sukkel. Die hotel het ook n bussie wat elke 20 minute na Tung Chung gaan waar daar baie te doen is soos die 360 kabelkar en malls asook Disney world.

Patong was heerlik. See is lou.

Burrasari n paradys van bederf. Markte veilig en skoon asook n groot mall Jung Ceylon. Ons het hier n nuwe ipad vir R2 000 goedkoper as in SA gekoop. My dogter het ook baie fake brandname produkte soos diesel jeans gekoop wat sy sê beter kwaliteit is as die real mccoy wat sy hier gekoop het. Baie lekker gerus.

Die binnelandse vlug met air Asia was bietjie bad vir my want dis baie klein in economy.... gelukkig kort vlug.

Bangkok. Teveel om te sê.

Amari absoluut perfek dead centre tussen omtrent 6 major malls. Ons het orals geloop en net tuk tuk gebruik as sy baie gekoop het. Die malls is asemrowend groot veral die Siam Paragon en die MBK. Ek was ook in die Pentip wat 5 vloere net rekenaar toerusting is........massive. Dagtoer met Nok was perfek veral die goue budha en die grootste juwelierswinkel in die wereld. Ek het hier n skaars siam ruby hangertjie gekoop vir omtrent R10 000 goedkoper as in Sa. Amari was ons op 30 ste vloer na ons ge upgrade is met n asemrowende uitsig oor die stad veral in die aand.
Cathay P ook uitstekend. Baie lekker gesit met geen probleme. Ek het n Priority Pass vir lughawe sitkamers waar ons lekker kon stort, eet en rus veral die aand wat ons terggekom het moes ons so 4 ure verwyl.

Al wat ek sal verander aan die program is om n dag reis tyd tussen plekke by te sit want dit mors baie van jou eie tyd.

Verder van my en Alicia baie dankie vir n goeie job gedoen. Ons sal beslis weer van julle gebruik maak.

Groete eers.
Andre Coetzee
Facebook Album

Kliek hier en lees meer ons ons reisigers en hul vakansie reporte en stories: Thailand in Suid Afrikaanse TaalPhuket toer stories in Engels.

Feedback from our clients

ee

Afrikaanse Kliente
Lees meer oor wat ons kliënte te sê gehad het oor hul Thailand vakansie na Phuket eiland en Bangkok met vlugte vanaf Johannesburg lughawe in Suid Afrika.

Ons reël verbindingsvlugte vanaf alle dele in die land. Pakkette sluit in die goedkoopste vlug kostes op top gehalte lugreederye, met die mees direkte vlugte.

English Clients
View our Phuket Holiday Reviews by SA travelers & tourists who went on their dream vacation to the islands and beaches of Thailand.

See also - Dubai Holiday Reviews

Africa Safaris & Adventures

safari-drive-to-view-lions

Are you planing a African safari or getaway tours to travel South Africa, Botswana, Namibia, Zambia, Kenya or Mozambique. Its the most unique countries to experiences best big 5 and birding adventures. All these African destinations are distinctly different from each other with a great diversity in landscape, bird and wildlife species.

Related Links - Link with US

Facebook Pagelike Widget